Dit is moontlik ook die rede hoekom biskop Xavier Novell (52) verlede maand bedank het, hoewel die Rooms-Katolieke-kerk net gesê het hy het weens persoonlike redes bedank.
Die Spaanse media berig egter dié biskop, wat bekend is daarvoor dat hy duiwels uit mense gebid het en in terapie vir gay mense glo, het self verlief geraak op ’n vrou wat erotiese sataniese fiksie skryf.
Xavier het vinnig vir homself naam in die kerk gemaak nadat hy die bediening betree het. Die verbasing was dus baie groot toe hy skielik einde Augustus bedank het.
Maar toe kom besonderhede van sy verhouding op die lappe . . .
A Spanish bishop and exorcist known for his ultraconservative views has stepped down to be with his lover, a writer of erotic satanic novels https://t.co/PXt1bVi40N
— The Times (@thetimes) September 8, 2021
Die nuuspublikasie Religión Digital het eerste die nuus gebreek dat hy halsoorkop verlief is op Silvia Caballol – ’n sielkundige en skrywer van erotiese sataniese fiksie.
Xavier het glo ook vir hom blyplek in die Barcelona-gebied begin soek waar hy in die landbou wil begin werk.
Silvia se boeke beloof om lesers op ’n reis tussen goed en sleg, wellus en malligheid te neem.
El obispo de Solsona renuncia por su amor a una escritora de novelas erótico satánicashttps://t.co/55G9ogsQz0 pic.twitter.com/RkRgMYZqyX
— Cadena SER (@La_SER) September 6, 2021
Hoewel nie Xavier of Silvia kommentaar oor hul kwansuise verhouding gelewer het nie, het Xavier glo gesê hy het verlief geraak en wil dinge ordentlik doen.
En hoewel Xavier eers einde Augustus sy bedanking ingedien het, woon hy en Silvia glo reeds saam in Manresa in Spanje.
La "novia" escritora del obispo Novell y su premonición en novelas con tintes satánicos y eróticos.
— La Vanguardia (@LaVanguardia) September 7, 2021
Silvia Caballol, la escritora que habría robado el corazón a Novell, plantea en sus obras relaciones imposibles.https://t.co/csaFNlJaYG por @javier_ricou
Volgens die skinderkoerant The Sun glo van Xavier se kollegas dat hy moontlik self duiwels binne-in hom het nadat sy verhouding met die skrywer van erotiese sataniese fiksie op die lappe gekom het.