As hulle maar net vooraf geweet het hoe om so ’n situasie te hanteer sou hulle veel gouer hul kind kon red, vertel die pa van ’n baba wat deur ’n Mosambiekse spoegkobra gepik is.
Daarom deel John Barbeau (33) nou hul storie: om te verhoed dat ander ouers deur dieselfde trauma gaan.
“Ek sal ouers aanraai om nou al navorsing te doen oor wat om in so situasie te doen, want dinge kan in ’n oogwink verander,” vertel John aan Huisgenoot.