Kleurblind TikTokker gebruik haar toestand om ander op te voed

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Stel jou voor jy kan die wêreld net in skakerings van grys sien – nou kan jy, danksy Natasha Caudill, van Chicago in Amerika.

Natasha is met monochromatiese sig gebore. As gevolg van die toestand is sy kleurblind en sien die wêreld in swart, wit en grys. Maar die 24-jarige is nou ’n sosialemedia-sensasie nadat sy mense ’n kykie in haar wêreld gegee het.

Natasha gebruik ’n swart-wit filter op haar foto’s en video’s, en deel alles van haar uitdagings wanneer sy kruideniersware koop tot die perfekte grimering kies met haar meer as 1,2 miljoen volgelinge. 

In ’n onlangse grimering-demonstrasievideo gebruik sy ’n groen oogskadu-kleurpalet. “Ek weet nie of dit baie mooi lyk nie, maar ek sal maar daarmee aan,” sê sy in die video. 

@natashac44 I’m going to post the color version because I really want to know how this looks!!! #foryou #fashion #ootd #dress #wedding #fyp #foryoupage #color ? original sound - Natasha Caudill

In die video van drie minute wend sy behendig poeier, blosser, maskara en verbronser aan om haar voorkoms af te rond. “Oukei, kom ek wys die kleur,” sê sy voor sy na ’n kleurfilter oorskakel om te wys hoe sy haar grimering suksesvol aangewend het. Haar unieke uitkyk op die wêreld boei sosialemedia-gebruikers. “Ek gaan nie jok nie, die video was frustrerend, want ek kon nie die kleur sien nie,” sê ’n gebruiker.

“Dit stel werklik dinge in perspektief,” sê ’n ander een. Al kom monochromatiese sig gewoonlik by mans voor omdat dit in die X-chromosoom gedra word, erf sowat 0,8% vroue van Europese afkoms die toestand.

Dit is so seldsaam dit kom by net 1 uit elke 30 000 mense voor. Natasha gebruik haar sosialemedia-platforms om ander oor die toestand op te voed en te wys hoe moeilik dit vir mense soos sy is om in die wêreld hul weg te vind. In ’n ander video dokumenteer sy haar reis om die ideale verfkleur te vind.

“Vandag het ek besef hoe moeilik dit vir iemand is wat volkome kleurblind is om verf te koop.” In die winkel kyk sy deur verfmonsters wat sy sê nie beskrywend genoeg is nie.

“Amper geen van hierdie verfmonsters het name wat vir my sê wat die kleur is nie,” sê sy. “En al is die name oulik en kreatief is dit nie van veel nut vir my nie.”

Sy bepleit dat maatskappye die werklike kleur van hul produkte noem om kleurblindes te help. 

@natashac44 Reply to @grace.pironti all I know is that frogs are green!! #foryou #paint #deco #art #foryoupage #fyp #color #colorblind ? original sound - Natasha Caudill

Bronne: Dailymail, Allure, NVision, Britannica

  • Moenie enige groot nuus misloop nie! Vir boeiende nuus oor bekendes en aangrypende mensestories, teken in by ‘Huisgenoot’ se daaglikse nuusbrief, “Huisgenoot Vandag”.  
Teken in op ons nuusbriewe

Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in!  


Jongste uitgawe

7 Julie 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees