In sy helderblou pak en parmantige wit fedora lyk hy uitgedos vir ’n dag van sjampanje en fuif. ’n Mens sou dink hy is op pad na ’n polowedstryd of die perdewedrenne, maar nee . . .
Dié modieuse man is belas met gewigtiger sake. Dis Bheki Cele – en hy is terug.
Ja, ons gewese polisiekommissaris is weer in die tuig, dié keer in ’n selfs groter amp: as nuwe polisieminister.