Waaraan dink jy wanneer jy ’n avokado sien? Dalk hou jy daarvan om dit fyngemaak op roosterbrood te eet of in ’n slaai te gebruik. Miskien gebruik jy dit soms as ’n skoonheidsmasker.
Maar vir hierdie kunstenaar is ’n avokado soos ’n leë skilderdoek wat wink met eindelose moontlikhede om met sy vaardighede te spog.
Vincenzo Scuruchi van Rome in Italië gebruik die vrug om ingewikkelde vorms en patrone uit te kerf en skep só ongelooflike kunswerke. Hy maak piepklein beeldhouwerke deur die vlees en die pit te gebruik – en dit het soveel detail dat ’n mens skaars kan glo jy kyk nog na ’n avokado.