book-icon Uitgawe 20 Mei 2021

KYK: 2-lingbroers van Bethlehem skud saam 123 kg af

akkreditasie
Martin en Marius Dreyer het saam-saam die stryd teen die kilo’s aangepak en dit oorwin. Foto: Fani Mahuntsi
Martin en Marius Dreyer het saam-saam die stryd teen die kilo’s aangepak en dit oorwin. Foto: Fani Mahuntsi

Die tweelingbroers was twee groot sakemanne van wie daar baie op die dorp gesien is. Maar die afgelope vyf jaar het inwoners van Bethlehem in die Oos-Vrystaat ál minder van die broers begin sien. Om die waarheid te sê, ’n volle 123 kg minder.

Dit is hoeveel gewig die tweeling, Martin en Marius Dreyer (41), gesamentlik afgeskud het. Hulle is albei ongetroud en mekaar se groot vriende – en so saam-saam het hulle die stryd teen die kilo’s aangepak, en dit oorwin. In die grootste stadium in sy lewe, daar in 2016 se kant, het Martin die skaal op ’n allemintige 192 kg laat bewe. Sy boet was ’n kort-kop agter hom en het teen 151 kg ingeweeg.

Deesdae weeg hulle onderskeidelik ’n “lenige” 122 kg en 98 kg. Martin het 70 kg afgeskud en Marius 53 kg. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

9 Desember 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees