Shirande Schmidt (27), ’n prokureur van Pretoria, vertel wanneer die skoolvakansie tot ’n einde gekom het was dit altyd ’n tranedal wanneer hul twee niggies, wat van Secunda in Mpumalanga kom kuier het, weer moes terugkeer huis toe.
Die res van hulle in Pretoria moes op hul beurt ’n hele kwartaal weer asem ophou net om mekaar weer te kan sien.
Gelukkig kon hulle destyds vir mekaar briefies stuur wat hul ouers namens hulle geskryf en gepos het.