’n Talentvolle dogtertjie het die internet in vervoering met haar ongelooflike kunsvernuf nadat ’n Facebookvideo van die onbekende kleinding waarin sy ongelooflike animasie-figure teken soos ’n veldbrand versprei het.
Die dogtertjie – wat glo van Korea is – hou haar swart viltpen styf vas in die video van vier minute terwyl sy vorms trek om ’n mier te teken, berig Daily Mail.
Sy teken dan ’n kat, geïnspireer deur Hello Kitty, wat sy later inkleur.