Massive explosion rocks Beirut. I checked on my family there before posting. Our house was shaking but everyone is okay.
— Jenan Moussa (@jenanmoussa) August 4, 2020
This is insane! @akhbar pic.twitter.com/3sHwvVDw8t
Duisende is beseer en meer as 100 mense het tot dusver gesterf in die ontploffings wat Dinsdagmiddag verwoesting van byna onmeetlike proporsies deur die hoofstad van Libanon gesaai het.
Die ontploffing het 3,5 op die Richterskaal geregistreer.
Talle geboue is in die ontploffing beskadig en vensters tot 10 km ver, is gebreek.
BREAKING: Lebanese Red Cross official says at least 100 people have been killed and more than 4,000 wounded in Beirut explosion. https://t.co/g1nJpdkuYY
— The Associated Press (@AP) August 5, 2020
Terwyl intensiewe ondersoeke aan die gang is om meer oor die ontploffings vas te stel, word daar in hierdie stadium aangevoer dat dit die gekonfiskeerde ammoniumnitraat van meer as 2 700 ton is wat die ontploffing veroorsaak het.
#BeirutBlast Moved to tears! A CCTV camera captured a touching scene in #Beirut, Lebanon where a father picked up his son immediately after the explosion and tried to hide him in a safe place. #PrayforLebanon pic.twitter.com/rROoYIlwxw
— Faheem (@faheem_chuhdary) August 5, 2020
Die twee ontploffings het binne stapafstand van die stad se inkopie- en naglewedistrikte plaasgevind.
Luidens berigte is die berêplek vir die chemikalieë glo reeds sedert 2014 as ’n risiko geïdentifiseer.
Libanon se premier, Hassan Diab, het ’n nasionale dag van rou afgekondig. Diab sal na verwagting meer feite oor die stoorplek bekend maak.
Hy het ook gesê hy sal nie rus tot diegene wat vir die ontploffing verantwoordelik is, gekry word nie en het maksimum straf vir hulle beloof.
Badri Daher – direkteur van Libanon se doeanekantoor – het ontken dat sy agentskap verantwoordelik was vir die berging van die ammoniumnitraat. Hy blameer die hawehoof, Hassan Koraytem.
“Hulle is verantwoordelik, en ek kan jou vertel dat die chemikalieë in die eerste plek nie daar moes gewees het nie,” het hy aan Al Jazeera gesê.
The coronavirus saved us. This is our AP office this morning #Beirut_Explosion pic.twitter.com/0RFtWt6gy5
— Dalal Mawad???? ???? (@dalalmawad) August 5, 2020
President Michel Aoun het ’n noodvergadering met sy kabinet vir Woensdag belê en aangedui ’n noodtoestand van twee weke moet aangekondig word.
Our hearts stand with you Beirut, Lebanon. ????#PrayForLebanon pic.twitter.com/GQhvoJi3Yf
— 11:11 (@11elevenph) August 5, 2020
Volgens dr. Mirna Doumit, die president van die verpleërsorde in Beiroet, is minstens drie hospitale in die stad totaal vernietig in die ontploffing.
“Ons het drie verpleërs verloor wat in die hospitale gewerk het. Ek kan nie woorde kry om te beskryf wat gebeur het nie. Dit was asof ons in ’n grufliek was,” het sy aan Al Jazeera gesê.
Six medical personnel died as result of the #BeirutBlast yesterday, five of which were in the Al Roum Hospital (St Georges).#Lebanon
— Kareem Chehayeb | ???? (@chehayebk) August 5, 2020
Intussen word hulp uit verskeie oorde aangebied om die geteisterde hoofstad deur die ramp te help: Maleisië en Ciprus het reeds hulp aangebied terwyl Nasser Yassin, ’n professor aan die Amerikaanse Universiteit van Beiroet, ’n beroep op die internasionale gemeenskap gedoen het om voedselondersteuning te verleen nadat belangrike graansilos in die ontploffing vernietig is.
Shocking footage captures scale of destruction from Beirut explosion pic.twitter.com/g79x2cos4J
— The Sun (@TheSun) August 5, 2020
Dit is nog nie seker wat presies aanleiding gegee het tot die ontploffing nie.
’n Afgetrede wapens- en plofstofkundige, Anthony May, beweer dat dit nie net amomiumnitraat was wat ontplof het nie, want die donker rooi wolk wat ook sigbaar was tydens die ontploffing, stem nie ooreen met ammoniumnitraat nie. Hy sou verwag dat dit ’n geel wolk veroorsaak het.
“Ek sê nie ammoniumnitraat was nie betrokke hierby nie, maar dit kom voor asof daar ander produkte ook was.”
"To lose physically your homes, your loved ones, is just devastating"
— SkyNews (@SkyNews) August 5, 2020
Witness, Lizzie Porter says she was "blasted backwards" as she describes the explosion in Beirut and the aftermath.#KayBurleyhttps://t.co/0OD0PyVkgT pic.twitter.com/RyGPdwLVmu
Ammoniumnitraat is ’n hoogs-vlugtige produk wat in landboubemesting en hoëgraad plofstof gebruik word. Twee Amerikaanse ton (1 814 kg) van dié chemikalie is in 1995 gebruik in die Oklahoma-bom, ’n terreuraanval waartydens 169 mense gesterf het.
Bronne: aljazeera.com, theguardian.com, cnn.com