So toe het Femke Vandekeere (18) besluit om haar ouma, Ria Esterhuyzen (88), as metgesel na haar matriekafskeid te neem.
“Ek en my ouma en oupa, Jan Esterhuyzen, was nog altyd baie close, maar ons het in 2020 my oupa verloor met die covid-19-inperking. Dit het gemaak dat ek en my ouma net nader as ooit aan mekaar geraak het,” vertel die donkerkop, wat ’n leerling is aan die Hoërskool Dr. E.G. Jansen in Boksburg, aan Huisgenoot.
Sy het ook haar ouma en oupa destyds na haar graad 7-afskeid by die Maranatha Christelike Skool in Kempton Park geneem, vertel Femke.