KYK: Die angswekkende oomblik toe polisie 2-jarige van hoë vensterbank red

akkreditasie
Dit was 'n skrikwekkende toneel, 'n piepklein kleuter wat stoksielalleen op 'n hoë vensterbank sit met geen grootmens in sig nie.

Gelukkig het plaaslike inwoners die kleuter opgemerk toe sy in Junie op die eerste verdieping van 'n gebou in die buitewyke van Rome op 'n vensterbank gesit en haar bene in die lug geswaai het. Die besorgde omstanders het toe dadelik die polisie ontbied.

Toe die Italiaanse polisie op die toneel opdaag, het hulle die interkomknoppie van die woonstel waar die avontuurlustige dogtertjie klaarblyklik woon herhaaldelik gedruk, maar niemand het geantwoord nie.

Kleuter word uit die vensterbank gered.
Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za

Hulle het toe die polisiemotor so na moontlik aan die gebou parkeer, twee wetstoepassers het op die masjienkap van die motor geklim en met die meisie begin praat en haar naam gevra.

Klein Sofia was heel kalm en die polisie het haar veilig grond toe gebring en in haar pa wat intussen opgedaag het se sorg oorgelaat.

Kleuter word uit die vensterbank gered.
Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za

Die polisie het later vasgestel Sofia se ma was in die woonstel, maar het aan die slaap geraak.

Jongste uitgawe

26 Mei 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees