KYK: Dié bejaarde man is die mens met die wêreld se langste neus

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die 71-jarige Turk, Mehmet Özyürek, is steeds die Guinness-rekordhouer vir die lewende persoon met die langste neus ter wêreld.

Vir die afgelope twee dekades kon niemand nog sy rekord klop nie. 

Mehmet Ozyurek van Artvin-stad.
Mehmet Özyürek van Artvin-stad. Foto: Gallo Images/Getty Images.

Mehmet se neus is 8.8 cm lank vanaf die brug van sy neus tot by die punt. 

Hy het 20 jaar gelede, op 31 Januarie 2001, met die titel as die wêreld se rekordhouer van die persoon met die langste neus weggestap toe die Guinness World Records sy neus vir die eerste keer gemeet het. 

Elf jaar later, in 2010, is Mehmet se neus weer deur die Italiaanse televisieprogram Lo Show dei Record gemeet, waar dit ook as die wêreld se langste neus gekroon is.

Geen persoon kon tot dusver met alle sekerheid na vore kom en aanvoer hulle neus is langer nie.

In 'n onderhoud het Mehmet aan die organisasie Guinness World Records gesê sy massiewe neus het beslis vir hom spesiale vermoëns gegee.

“My reuksintuig verskil van ander mense,” meen Mehmet.

“As ek sê ‘hier is ’n reuk’, dan sê ander hulle ruik dit nie. Hulle mag dit dalk nie ruik nie, maar ék kan.

“Wanneer ek by my huis instap, kan ek dadelik ruik watter soort kos gaar is.”

Ten spyte daarvan dat hy as kind oor sy neus geboelie en uitgelag is, sê Mehmet dat hy oor die jare vrede gemaak het met sy voorkoms.

Mehmet Ozyurek.
Mehmet Özyürek .Foto: Gallo Images/Getty Images.

“God het my so gemaak; daar is niks wat aan hierdie situasie gedoen kan word nie. Ek het geleer om in vrede met my liggaam te leef,” sê hy. 

Intussen trek hy – en sy neus – steeds heelwat aandag wanneer hy tussen mense rondloop.

“Wanneer ek myself in ’n sosiale omgewing bevind, trek ek dadelik aandag. Almal kyk gedurig na my.”

Verder sê hy dat hy uiters bly is dat hy sy land op internasionale vlak kan verteenwoordig in die Guiness-wêreldrekords – al is dit deur sy neus. 

Hoewel Mehmet die rekord het vir die lewende persoon met die langste neus, het die rekord aan die persoon wat ’n neus nóg langer het as hy aan die Engelsman Thomas Wedders behoort wie se neus in die 1700’s op 19 cm lank gemeet is. Thomas is in 1780 oorlede. 

Volgens die Mirror UK was Thomas ’n lid van ’n sirkus waar hy regoor Yorkshire gereis het sodat hy sy neus aan ander kon wys.

Bronne: MirrorUkDailyStar,Guinness

Teken in op ons nuusbriewe
Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in!

Jongste uitgawe

27 Januarie 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees