Hulle staan nie eens 1,2 m hoog in hul modieuse sokkies nie en gaan lank nog die skoolbanke volsit. Maar dié kleingoed laat reeds sakke vol geld inrol.
Al het hulle nog nie eens hul tienerjare bereik nie, verdien hulle die soort geld waarvan die meeste van ons net kan droom, en dit danksy ’n goeie skeut oulikheid, ’n knippie vrypostigheid en heelwat hulp van Mamma, Pappa – en die internet.
Dit help uiteraard as een van jou ouers reeds beroemd is – soos die musikant DJ Khaled en die Olimpiese swemmer Michael Phelps se kroos – maar jy hoef nie ’n Kardashian te wees om aanlyn sukses te behaal nie.