’n Pekinees wat nagmerries kry sedert sy ongevraagde haarsnit by ’n hondehotel in Kaapstad wat ’n herrie veroorsaak het, het al wat ’n voorblad is gehaal. “Dit sal verskeie maande duur vir Taro om heeltemal te herstel van daardie tragiese dag,” meen Ronel.
“En om hom weer die gesonde klein hondjie te maak wat hy eens was,” voeg sy by. “Om jou weer in die oë te kan kyk en sê: 'Here I am, look at me, I am gorgeous'.”
Oor die naweek van 23 en 24 Oktober was Taro, ’n reuntjie, saam met Ronel se ander Pekinese hondjie, Tamara, ’n tefie, in ’n gesogte hondehotel in die Bo-Kaap.