Vir een jong man in die stad Wenzhou in China was die idee van afskeid net een te veel.
Volgens die video, wat wyd verspreid is op Douyin, die oorspronklike platform waaruit TikTok voortgespruit het, het hierdie emosionele toneel hom in die lughawe se vertreksaal afgespeel.
Daarin word gesien hoe die oorstelpte jong man op die grond kniel voor die gemaskerde veiligheidswagte en snikkend by die jong vrou aan die anderkant van die skeiding pleit: “Ek smeek jou, kan ons dit nie maak werk nie?”
Die kamera skuif na die jong vrou, gekleed in ’n wit baadjie, wat bloot net vorentoe buk, haar handbagasie optel en haar kop wegdraai van die knielende man.
Volgens die webtuiste Baidu het die paartjie ’n rusie gehad voor die voorval op die lughawe en was dit die einde van hul verhouding.
In ’n desperate poging om sy geliefde terug te wen, het die man hom na die lughawe gehaas om haar te smeek om terug te kom kort voor sy aan boord van die vliegtuig gegaan het.
Maar sy het stil-stil die gebied verlaat en op die vliegtuig geklim, met hom steeds snikkend in die vertreklokaal. Dit is onseker of sy gebaar haar hart laat vermurwe het en of die verhouding weer herstel is.
Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in!