Kyk net hoe groot het die rocker Francois van Coke en sy vrou, Lauren, se dogter geword! Die blouoogmeisie Alex Lila het op 7 November haar eerste verjaardag gevier en is met ’n rooifluweelkaaskoek bederf.
"Ek kuier vandag saam met my twee mooistes,” het Francois op Instagram by ’n foto van sy vrou en dogter geskryf. “ ’n Jaar gelede het alles verander: Alex Lila is vandag een jaar oud!”
Francois is enkele dae nadat hy die spesiale mylpaal saam met sy gesin gevier het weg vir ’n toer in Amsterdam.