Van die oomblik toe Skippy by die huis aangekom het, was hy skoon behep met Tilly G, en hy probeer gedurig om sy aandag te trek en met hom te speel asof hy ook ’n hond is.
Skippy hardloop elke oggend na die onderste verdieping en los ’n speelding langs Tilly G sodat hulle ‘fetch’ kan speel; hy soen hom, nestel teen hom aan en probeer selfs om sy middagkos met hom te deel, terwyl sy stert heeltyd verwoed waai.
Die skreeusnaakse tweetjies het meer as 20,000 bewonderaars op Instagram, en almal wil elke oggend die jongste nuus hê oor hoe dit met hulle gaan. Iets wat Karen met graag doen, want sy weet sy bring elke oggend ’n glimlag op hul aanhangers se gesigte wanneer hulle die plasings lees.