Seuntjies mag maar popspeel. Selfs wanneer hulle volwasse mans word.
Daarvan getuig Justuis Pieterse Manefeldt – ’n volgroeide man met ’n bors en arms vol tatoes en ’n verbysterende versameling Barbie-poppe.
Stap jy sy woonstel in Table View, Kaapstad, binne, laat die kristalkroonkandelare jou reeds raai dat ’n flambojante mens hier woon. Maar niks kan jou op die Barbie-kamer voorberei met sy versameling van minstens 1 500 van dié poppe nie.