KYK: Oeroumagrootjie (105) dalk die oudste vrou om kry ’n tattoe te kry

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
’n Oeroumagrootjie van Brasilië het op die ouderdom van 105 besluit om ’n bykomende tattoeërmerk te kry sodat sy ’n wêreldrekord kan opstel vir die oudste vrou wat al een gekry het.

Epifania Maria de Jesus Mendes, wat onder familie en vriende sommer as Vovo Pifa (Ouma Pifa) bekendstaan, het op 7 April haar 105de verjaardag gevier. 

Sy het die dag nie net met koek, tee en kaartjies gedenk nie, sy het sommer ook ’n goue sleutel met die woorde “So o amor constroi” (Net liefde bou) op haar arm laat tattoeër.

Epifania Maria de Jesus Mendes...
Epifania Maria de Jesus Mendes. Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za

Nou soek sy nog ’n geskenk: Om haar prestasie in die Guinness World Records te laat opteken.

Ouma Pifa het al vier tattoeëermerke. Die eerste een het sy gekry toe sy 90 jaar oud was, ’n blommerangskikking mooi iewers waar haar klere dit bedek.

Met die jare het sy ál meer waaghalsig geraak – ook oor waar sy die prentjies laat aanbring het. In 2015 het sy haar tweede tattoeëermerk laat kry: ’n suikerbekkie wat nektar drink, op haar bobeen.

Epifania
Epifania kry haar tatoe. Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za

Die volgende tattoeërmerk het gevolg toe sy al 101 jaar oud was: ’n rooi roos op haar ander bobeen. 

Sy het ’n gunstelingtatoeëerkunstenaar, Flavio Araujo, wat al haar ontwerpe vir haar doen. 

Ouma Pifa, wat in Correntina in die noordooste van Brasilië gebore is, sê dis ook nie die laaste keer dat sy ’n tattoeërmerk sal kry nie.

Sy is ’n verstommend bedrywige vrou wat op haar dag 18 kinders in die lewe gebring het. As ’n mens al haar kleinkinders, agterkleinkinders en agteragterkleinkinders tel, het sy ’n nageslag van meer as 100 mense. 

Ouma Pifa het in April vanjaar haar 105de verjaard
Ouma Pifa het in April vanjaar haar 105de verjaardag gevier. Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za

Veral haar een kleinseun, ’n musikant genaamd Engels, ondersteun haar, en het haar vergesel toe sy haar jongste tattoeëermerk gekry het. 

Engels vertel toe sy die eerste een op die ouderdom van 90 gekry het, het hy aanvanklik gedink dis ’n grap. “Maar sy was ernstig. Nie net het sy daardie een gekry nie, ook die ander op 98 en op 101.” 

  • Moenie enige groot nuus misloop nie! Vir boeiende nuus oor bekendes en aangrypende mensestories, teken in by ‘Huisgenoot’ se daaglikse nuusbrief, “Huisgenoot Vandag”.  
Teken in op ons nuusbriewe

Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in!  


Jongste uitgawe

7 Julie 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees