KYK: Ouers verras grootouers met ’n tweeling ná groot geheimhouding

akkreditasie
Brinkley “Hope” en Ace Leo Shircliff. Foto: Facebook/TomShircliff
Brinkley “Hope” en Ace Leo Shircliff. Foto: Facebook/TomShircliff
Vir een Amerikaanse paartjie was die covid-19 omtrent ’n seëning.

Tom en Brianne Shircliff het onlangs hul tweeling in die wêreld verwelkom. Maar, alhoewel hul vriende en familie geweet het dat dié paartjie, wat reeds twee kinders het, ’n nuwe baba verwag, het niemand geweet dis ’n tweeling nie.

“Aangesien niemand in die hospitaal toegelaat was as gevolg van die covid-19-regulasies nie, sou die nuus nie ontbloot word aan familie of vriende nie en kon hulle die verrassing self ervaar as hulle ons by die huis of via video-oproepe beleef,” skryf Tom op sosiale media. 

En hul vriende en familie se reaksies dat dit eintlik ’n tweeling is, was kostelik, sê Tom.

tweeling
Tom met een van die tweelingbaba's. Foto: Facebook/TomShircliff
tweeling
Brianna en een van haar nuwe baab's. Foto: Facebook/TomShircliff

Maar daar is een spesifieke reaksie wat onlangs soos ’n veldbrand op die internet versprei het, naamlik die van sy ouers. 

In dié video kan gesien word hoe die grootouers hul nuwe kleindogter leer ken. Dan verras Tom hulle en stel hulle bekend aan hul kleinseun ook. 

Sy geskokte ma kyk met groot oë na die tweede bondeltjie vreugde in Tom se arms en sê: "That’s a real baby! Are you kidding?"

Kyk hier na dié oulike video:

Tom, van Noord-Kentucky in Amerika, het onlangs op sosiale media geskryf dat hulle in 2019 ook swanger was.

“Vyf maande in die swangerskap in het ons, ons babaseuntjie verloor. Dit was die ergste dag van ons lewens, maar ons het nooit hoop opgegee om ons familie uit te brei nie. 

"Ek het geen twyfel dat ons babaseuntjie in die hemel op ons neerkyk elke dag en dat hy ’n deel het in die seëning dat ons vanjaar ’n tweeling gekry het,” skryf Tom. 

En om ’n tweeling te hê was nog altyd Tom se groot droom. “Vir baie jare het ek herhaaldelik vir familie en vriende gesê my wens is om ’n tweeling te hê.”

Hy het verlede jaar die wens op sy verjaardag herhaal toe hy sy kersies op sy verjaardagkoek uitgeblaas het.

“Ek kan nie glo dat my droom uiteindelik ’n werklikheid geword het nie.”

Die tweeling se name is Brinkley “Hope” (ter ere van hul “baba in die hemel”) en Ace Leo Shircliff. 

Jongste uitgawe

26 Mei 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees