En dit blyk byna almal in die Paarl ken dié dansende spietkop, Tony Pietersen (50), nadat ’n video van hom wat dans terwyl hy verkeer reguleer, wyd op Paarlse groepe versprei is.
“Dit is oom Tony daai,” het talle sosialemediagebruikers dadelik onderaan die video geskryf, terwyl ander staaltjies vertel het van hoe “oom Tony” hulle in die oggende opbeur.
Huisgenoot het dié danssensasie gekontak en ’n bietjie gehoor hoe moeilik sy danspassies regtig is.