KYK: Pensioentrekker bars deur winkel, tref byna swanger kassier

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die oomblik toe ’n bejaarde Brasiliaanse motorbestuurder by ’n supermark inbars en ’n swanger kassier net-net misry is op video vasgelê.
Die swanger vrou vermy dit net-net om onder die vo
Die swanger vrou vermy dit net-net om onder die voertuig se wiele te beland en kruip uit die pad. Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za

Die swanger Brasiliaanse vrou moes uit die pad kruip om die voertuig te ontwyk.

Die beeldmateriaal wys hoe die 29-jarige kassier, wie se naam nie bekend is nie, die supermarktoonbank afvee toe ’n groot nutsvoertuig deur die voorkant van die winkel bars en die toonbank tref terwyl items rondom haar neerval. 

'n Mens kan later sien hoe die bestuurder agteruit ry en uit die video verdwyn. 

Plaaslike beamptes het in die koerant Globo gesê die vrou het nie ernstige beserings opgedoen nie, maar het ’n week verlof ingesit om van die skok te herstel.

Die brandweer sê die motorbestuurder was ’n bejaarde man wat nie gewoond is daaraan om ’n outomatiese motor te bestuur nie en hy het beheer oor die voertuig verloor terwyl hy parkeer het.

Die plaaslike polisie het gesê hoewel heelwat skade aangerig is, is niemand in die voorval beseer nie en ’n klag is nie teen die man ingedien nie.  

Teken in op ons nuusbriewe
Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in!

Jongste uitgawe

2 Desember 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees