KYK: Rommelpak wys hoeveel vullis 'n mens genereer

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Facebook/robgreenfield.org
Facebook/robgreenfield.org

Rob, wat al sedert 2014 nadat hy sy bemarkingsmaatskappy verkoop het 'n planeetvriendelike bestaan voer terwyl hy verskeie omgewingsprojekte bedryf, het sy groen leefstyl vier weke lank opgeskort om “'n visuele beeld te skep om mense te help begryp presies hoeveel rommel die algemene verbruiker voortbring. Só kan ons hulle hopelik inspireer om positiewe veranderings te maak.

“Dus het ek vir 30 dae elke stukkie rommel wat ek geskep het terwyl ek soos die algemene Amerikaanse verbruiker geleef het aan my lyf gedra. Die gemiddelde Amerikaner skep meer as 62 kg rommel per maand, maar baie mense dink nie twee keer oor hul afval nie,” vertel Rob op sy webtuiste en sosiale media oor sy bewusmakingstoertjie. 

“Gewoonlik probeer ek 'n ‘byna zero afval’-leefstyl handhaaf, maar vir 30 dae het ek geëet, gekoop, verbruik op die manier waaraan baie van ons gewoond is. Die enigste verskil was dat ek al my vullis moes dra pleks van dit in die asblik gooi. Wanneer iets eers in die vullisdrom is, is dit mos vir baie mense ‘uit die oog, uit die hart’.  

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

7 Julie 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees