Johfrey Mance van Melville in Johannesburg vertel laggend hy het Saterdagaand omstreeks sesuur na die badkamer in die gastekamer van sy huis gegaan toe hy ’n skerpioen in die bad opmerk.
“Gelukkig het niemand toe gaan bad nie,” sê hy.
Johfrey vertel hy het net gou in daardie badkamer ingegaan, want dit is mos wat 'n mens doen wanneer die ander badkamers in die huis beset is.