KYK: Tonge klap oor kalf met twee koppe

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
’n Mutante kalf met twee koppe het inwoners van ’n Brasiliaanse dorpie op hol.
'n Kalf met twee koppe is in Julie in Macaubas, Br
'n Kalf met twee koppe is in Julie in Macaubas, Brasilië gebore. Foto: Magazine Features.

Die tweekoppige kalf is op Maandag 18 Julie op ’n plaas op die dorpie Tapera do Peixe – geleë in ’n landelike gebied van die Macaubas-munisipaliteit in die Bahia-staat – gebore.  

“Dis ’n seldsame verskyning, ’n ongewone voorval,” het die veeteler Elidan Oliveira Sousa (36), gesê. “My dogter was verstom omdat sy nog nooit so iets gesien het nie.” 

Elidan sê hy en sy 12-jarige dogter, Elida Sousa, het baie min kontak met die mutante kalf gehad omdat sy ma uiters beskermend teenoor die pasgebore kalf was. “Die ma-koei het ons nie naby dit toegelaat nie. Ons wou die kalf laat voed, om dinge op die regte manier te doen.”

'n Kalf met twee koppe is in Julie in Macaubas, Br
'n Kalf met twee koppe is in Julie in Macaubas, Brasilië gebore. Foto: Magazine Features.

Ondanks die defek het die kalf vier dae lank oorleef. “Ons het die veearts laat weet, maar ons kon nie die kalf soontoe neem nie,” het Elidan aan plaaslike media gesê. “Ons sou dit vanmiddag vir ’n ondersoek geneem het, maar die kalf is voor dit dood.” 

'n Kalf met twee koppe is in Julie in Macaubas, Br
'n Kalf met twee koppe is in Julie in Macaubas, Brasilië gebore. Foto: Magazine Features.

Kenners sê diere met hierdie soort genetiese abnormaliteite word gewoonlik doodgebore of sterf kort ná geboorte. Jefferson Filgueira Alcindo, ’n veearts en universiteitsdosent, het aan plaaslike media gesê die misvorming word “dicephaly” genoem. 

Hy het verduidelik dat die geen wat die toestand veroorsaak, resessief is, wat beteken dat dit slegs in die afwesigheid van ’n dominante geen oorgedra word. Hy het gesê dit is moontlik vir diere om hiermee gebore te word, selfs al het dit twee onverwante ouers, maar bygevoeg “die waarskynlikheid neem toe wanneer daar inteling is”.

'n Kalf met twee koppe is in Julie in Macaubas, Br
'n Kalf met twee koppe is in Julie in Macaubas, Brasilië gebore. Foto: Magazine Features.

Hy sê egter die toestand kan ook deur omgewingsfaktore veroorsaak word, soos die gebruik van sekere wurmgif, die inname van giftige plante, mineraaltekorte en virusse soos die beesdiarree-virus.

  • Moenie enige groot nuus misloop nie! Vir boeiende nuus oor bekendes en aangrypende mensestories, teken in by ‘Huisgenoot’ se daaglikse nuusbrief, “Huisgenoot Vandag”. 
Teken in op ons nuusbriewe

Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken in!

Jongste uitgawe

18 Augustus 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees
Huisgenoot Eisteddfod

Wys jou talent en kry meestersklasse by bekendes!

Huisgenoot Eisteddfod
Is jou kind talentvol en lief vir die kunste? Skryf nou in vir Huisgenoot se splinternuwe aanlyn nasionale kunsfees.
Skryf nou in