KYK: Vrou hou haar lyf hond en blaf heelpad bank toe

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Net toe jy dink jy het alles gehoor is daar ’n storie wat jou laat wonder of die wêreld stapelgek geword het.
Jenna Phillips is nou 'n aanlyn-hondesensasie. Fot
Jenna Phillips is nou 'n aanlyn hondesensasie. Foto: Twitter

Jenna Phillips (21) van Austin, Texas, het haar werk as oogkundige gelos om ’n hond op die gewilde en omstrede sosialemedia-webtuiste OnlyFans te speel. En sy sê sy maak meer geld as wat sy ooit gedoen het toe sy mense se oë getoets het.

Haar aanhangers dok op om te kyk hoe Jenna by @thepuppygirljenna blaf, truuks leer, balle gaan haal en handeviervoet stap aan ’n tou.

“Ek voel soos ’n hond. Ek wil net rondrol, speel, my kop gekrap kry en rondhardloop,” sê Jenna in ’n podsending.

Sy het onlangs ’n video van haarself en ’n ander vrou opgelaai wat handeviervoet vir mekaar blaf. Haar hanteerder moes haar van die ander vrou wegtrek toe dinge te erg raak.

@thepuppygirljenna

Luck I was being held back ??

? original sound - Jenna

Die video het tot dusver 23,5 miljoen trefslae gekry en 1,8 miljoen het daarvan gehou op TikTok. Dit het meer as 71 000 kommentare ontlok, talle van mense wat ietwat verstom is deur Jenna se streke.

Jordan Belfort, die sakeman op wie se lewe die trefferfliek The Wolf of Wall Street gegrond is, kon sy oë nie glo nie.

“Watter heelal is dit?”, skryf hy.

“Twee volwassenes,” skryf nog ’n TikTok-gebruiker.

“Ek is moeg van mense op hierdie planeet,” laat nog een hoor.

Jenna is min gepla hiermee en laai doelbewus verregaande video’s om meer kykers na haar OnlyFans-blad te lok. Sy beweer sy verdien sowat R10 miljoen per jaar en is meer as gelukkig om voor te gee om ’n hond te wees vir daardie soort geld.

“Dis ongelooflik. Ek het nooit gedink my vreemde hondegier sou deur ’n groot gehoor gevolg word, of dat soveel mense daarvan sou hou of omgee nie. Dit gaan steeds my verstand te bowe,” het Jenna aan die tydskrif Vice gesê.

Sy voel sy verstaan honde goed omdat sy dikwels as kind voorgegee het sy is een.

“Wat troeteldier-speel betref, kies die meerderheid meisies katjies, jakkalse of hase en die meerderheid hondjies is seuns. Ek het baie daaroor gedink toe ek dit die eerste keer begin doen. Ek voel soos ’n hond, en dis wat ek toe besluit het om te wees.”

Jenna beskryf haar “werk” as pret en hou van die aandag wat sy by aanhangers kry.

“Ek is mal daaroor om geprys te word. Ek hou daarvan om te hoor ek is ’n ‘goeie honne’. Dit laat my hart vermurwe - elke keer.”

Bronne: dailystar.co.uk, vice.com, thesun.co.uk, ladbible.com

Teken in op ons nuusbriewe

Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in!

Jongste uitgawe

19 Mei 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees