KYK: Walliese bruid hou steeds partytjie toe bruidegom nie opdaag

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Dit was veronderstel om haar mooiste, spesiaalste dag te wees en dié Walliese vrou het níks in haar pad laat staan nie. Nie eens die feit dat haar bruidegom koue voete op die oggend voor hul troue gekry het nie . . .
Ter illustrasie. Foto: Pixabay
Ter illustrasie. Foto: Pixabay

Kayley Stead (27) sou op 15 September met haar kêrel van die afgelope vier jaar, Kallum Nortum (24), getrou het. Kallum het egter seweuur daardie oggend sonder om 'n woord te sê, verdwyn en dit aan sy pa oorgelaat om Kayley te laat weet die bruilof is van die baan. 

“Sy pa het my gebel. Hy het gesê hy is jammer, maar Kallum is al vir vier ure weg. Dit was 'n uur voor ons sou trou.” 

Kallum se ma het ook bygevoeg dat hy hulle nie ingelig het van sy planne nie, en dat hy net douvoordag verdwyn het van die kampeerterrein waar hulle die aand voor die troue geslaap het. 

Sy familie het intussen bevestig dat Kallum veilig is, maar Kayley het nog geen kontak met hom gehad nie. 

Daar was vooraf geen aanduiding dat Kallum twyfel oor hul voornemende huwelik nie, het Kayley aan die ontbytprogram This Morning vertel.

“Ek wens daar was tekens dat dit sou gebeur het, want dan het ek redes gehad om sy besluit te verstaan, maar daar was nie. Geen verhouding is perfek nie, maar ek het regtig gedink ons is mekaar se sielsgenote,” het sy vertel. 

Die versekeringsklerk van Swansea het besluit sy gaan nie haar beplanning en die £12 000 (sowat R240 000) wat hulle op die troue bestee het, sonder ’n seremonie vaarwel toeroep nie. 

Op die maat van Lizzo se “Good as Hell” – die liedjie waarop sy haar bruidegom tegemoet sou stap – het Kayley steeds in die paadjie afgestap aan die arm van haar pa, Brian. Dit was wel in die tuin eerder as die saal waar die seremonie sou plaasvind.  

@kayleystead So I was a jilted bride and unfortunately shit things happen to people. Even though the day didn't go to plan, I couldn't let the hard work that I put into this day and a good party go to waste. The day was filled with many laughs and a lot of tears. When they asked me what song I wanted to enter into there was no other choice but Lizzo's anthem of a song... Good As Hell ??! This song carried me through the day and reminded me that "if he don't love you anymore just walk your fine ass out the door". I have never resonated with lyrics so much as I did/do with @lizzo song untill that moment. Sorry for more posts about this day, there will be more but I'm proud of it so what can I say. #lizzo #goodashell #womenempowerment #womensupportingwomen #wedding #jiltedbride #selflove #loveyourself #music #dance #memories #moments #weddingdress #bridesmaids #friends #carryingon ? Good as Hell - Lizzo

Sy het later ook die geleentheid gekry om ’n eerste dans te hê met haar pa en broers. 

“Almal droom van hul eerste dans. Myne was nie met my man nie, maar met mans wat ek altyd sal koester. Ek het met die strooijonkers, my pa en my broers gedans. My pa en broers het seker gemaak dat wanneer ek wou huil deur die loop van die dag, daar vir my ’n skouer was om op te huil. Hulle het my ook herinner aan wie ek is en wat ek verdien,” het Kayley op TikTok geskryf by ’n video van haar en haar familie.

@kayleystead I just wanted to give a moment to thank the great men who are in my life and who also carried me through one of my toughest days. My Dad and my brother's! Everyone has dreamed of their first dance however, mine wasn't with my husband but was with the men I will always treasure. I danced with the groomsmen, my brothers and my dad (unfortunately I don't have videos of me dancing with the groomsmen yet). My brothers and my dad made sure that whenever I cried throughout the day, that I always had a shoulder to cry on but they also reminded me of who I am and what I deserve. To honour my mum we danced to my mum's favourite song by @Dolly Parton TikTok and @Willie Nelson ... From Here to the Moon and Back. #carryingon #weddingdress #moments #memories #dance #music #loveyourself #selflove #jiltedbride #wedding #tothemoonandback #firstdance #firstdancevideo #brothers #dad #family #love #parents #siblings ? From Here to the Moon and Back (feat. Dolly Parton) - Willie Nelson

 Daar is ook voortgegaan met toesprake. Pleks van ’n bruid en bruidegom wat saam die koek sny en vir mekaar voer, is die troukoek later die aand met die vuis bygedam. 

Die paartjie sou ná die troue Turkye toe gaan vir hul wittebrood, maar dit moes ook afgestel word. Die aanbieders van This Morning, Philip Schofield en Holly Willoughby, het Kayley verras met ’n geskenkbewys van Hays Travel en ’n bykomende skenking van die program wat sy vir ’n vakansie kan gebruik. 

Kayley vertel dat sy intussen Kallum se goed gepak en by familie gelos het. 

“Ek glo nie daarin om vuur met vuur te beveg nie, ek sal eerder die situasie hanteer so goed as wat ek kan en my kop omhoog hou,” het sy laat hoor.  

Bronne: TikTok, mirror.co.uk, northwalespioneer.co.uk, yourtango.com 

Teken in op ons nuusbriewe

Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in


Jongste uitgawe

8 Desember 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees