En nou reageer die moedige pasiëntjie van die Donald Gordon- mediese sentrum in Johannesburg boonop goed op haar beenmurgoorplanting.
Mackenzie, wat op 5 Januarie haar eerste lewensjaar saam ma Megan en pa Bronson tuis kon vier, het op 12 Mei verlede jaar gehoor dat akute miëloïede leukemie (AML) by haar gediagnoseer is. Sy is sedert Augustus ná intensiewe chemoterapie in remissie, en het op 14 Januarie ná ’n uitgebreide soektog en danksy die meelewing van baie mense wat hulle as moontlike skenkers laat registreer het, ’n beenmurgoorplanting ontvang.
En 17 dae ná haar oorplanting was daar talle bemoedigende tekens, het haar familie vertel wat haar reis getrou op die ondersteuningsgroep Mighty Mack dokumenteer en ook help met bewusmaking rondom beenmurgskenking: Mackenzie het baie energie, “haar bloedtoetse lyk baie goed, met haar rooibloedselle en plaatjies wat mooi sonder enige oortappings toegeneem het”.