Deel

Liefde ten spyte van 61 jaar ouderdomsverskil: Ons wil graag ’n baba hê

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die liefde steur hom dikwels baie min aan die ouderdom, maar dié twee duifies gee hierdie idee sommer ’n heel ander dimensie.

@mnigeria98 Charles thought the mirror was gonna take the picture???? Lol, but this is allday everyday, no matter where we are. Love will find us?????? #love #loveislove #olderman #oldermanyoungerwoman #pyt #hubby #fyp #explore #explorepage #foryou #foryoupage #BERMUDA #KAYKissCountdown #happynewyear ? original sound - M???

Vergeet van ’n ouderdomsgaping van 10, 20 of selfs 40 jaar – ’n Amerikaanse paartjie verskil ’n allemintige 61 jaar en nou wil hulle boonop saam ’n pienkvoet die wêreld inbring. 

Die bloedjong Miracle Pogue (24) en die voormalige eiendomsagent Charles Pogue (85) van Sarkville, Mississippi, oorweeg tans vrugbaarheidsbehandeling in die hoop om ’n gesin te begin. 

Charles wat ouer is as Miracle se oupa – hy is 72 – het die jong vrou in 2019 ontmoet by die wassery waar sy gewerk het, en hulle was eers vriende voor die liefde begin blom het.

In Februarie 2020 het hulle verloof geraak en verlede jaar is hulle getroud. 

Miracle het eers Charles se presiese ouderdom uitgevind toe hulle oor mekaar se geboortedatums praat, het sy al aan Kennedy News vertel.

“Ek gee nie om of hy 55 of ’n 100 jaar oud is nie. Ek hou van hom. Ek het gedink hy is 60 of 70 jaar oud, want hy lyk so goed. Hy is altyd aan die gang en baie aktief.”

Sy vertel haar familie ondersteun die verhouding – selfs haar oupa, Joe Brown, wat met meer as ’n dekade haar man se junior is.

Miracle se hoop om vir Charles ’n nalatenskap te gee kom egter nie sonder uitdagings nie. 

“Ons het ’n vrugbaarheidskliniek besoek, maar dit het regtig gevoel of ons geoordeel word en dit was oorweldigend,” sê Miracle. “Maar ek gee nie meer om nie, solank hulle net vir my my baba kan gee.”

Tog is sy realisties en sê sy besef dit kan dalk nie moontlik wees nie, weens Charles se ouderdom. 

@mnigeria98 Breakfast With Babe This AM. We Slept In Sooo, I Felt Like Cooking Is Some Good Ole Breakfast . Couldn’t Record Everything Bc I’m All Over When I Cook Lol, ENJOY! #fyp #cinnamontoastcrunch #breakfast #fyp? #foryoupage #goodmorninggorgeous ? Paradise - Ikson

Miracle is soms ook bekommerd oor Charles se gesondheid, al is hy nog vol energie. “Op Thanksgiving het hy covid gekry en ek was gebroke.”

Charles het gesond geword, en nou kan Miracle net in verwondering toekyk hoe hy elke dag voluit lewe. “As jy kyk na die manier waarop hy elke dag opstaan en aangaan, is dit duidelik dat hy nêrens heen op pad is nie.”

Intussen hou Miracle vir Charles in voeling met nuwe tegnologie, en jy sien hulle gereeld saam op TikTok. 

“Ons ry rond,” skryf sy by ’n video van hulle twee. “Hy bly nooit wakker as ons televisie kyk nie,” spot sy met hom by ’n ander. 

Dis moeilik om te voorspel hoeveel tyd die twee liedesduifies nog saam oor het, maar dat hulle die meeste daarvan maak is seker. 

Bronne: dailymail.uk; nypost.com; tiktok.com


heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Jongste uitgawe

23 Maart 2023

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees