Dokters het vir haar gesê sy sal nooit normaal kan swanger raak nie. Maar toe, ná ses jaar se gesukkel, maak haar "wonderbaba" sy opwagting.
Marinda (37) en André Pretorius (41) kon beswaarlik gelukkiger wees. Hulle seun, Reuben, vir wie hulle so lank gebid het, was ’n louter vreugde en ’n lig in hul lewe.
En toe tref die skoknuus die gesin verlede September soos ’n voorhamerhou: Reuben (12) het akute T-sel limfoblastiese leukemie, oftewel bloedkanker.