Marie Hamman (67) vertel van die rou seer wat sy steeds elke dag saam met haar dra meer as twee en ’n half jaar ná haar kind se dood. Sy snik so tydens ’n telefoononderhoud met Huisgenoot dat sy skaars kan praat.
Lizel is op 23 Maart 2019 deur ’n jaagduiwel in Middelburg doodgery.
“Daar is nie ’n woord in my woordeboek wat daardie man beskryf nie,” sê sy tussen haar snikke deur oor die man wat haar kind “flenters doodgery het”.