Ma sien hoe groot sy op foto’s is en skud toe 50 kg af

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
’n Ma van twee was so geskok om te sien hoe sy op foto’s lyk dat sy 50 kg afgeskud het.

Colleen Raines (34) van Hesperia, Kalifornië, is van kleins af oorgewig. 

Sy was as kind obsessief oor kos en het alles geëet wat haar oupa geëet het, maar sy het nou in minder as twee jaar baie gewig verloor. 

Colleen Raines
Colleen Raines het gewig verloor nadat sy gesien het hoe sy op foto's by 'n kinderpartytjie lyk. Foto: Magazine Features

“My ouma het altyd hierdie groot tuisgemaakte maaltye gemaak. Dit was altyd baie kos, selfs vir ’n groot man. Dit was dus hopeloos te veel kos vir ’n kind om elke maaltyd só te eet.”

Colleen se liefde vir kos het toegeneem soos sy ouer geword het. 

In 2019, ná die geboorte van haar tweede kind, het sy borsvoeding as verskoning gebruik om meer te eet. Dit het so erg geraak dat sy ’n punt bereik het waar sy haarself nie meer herken het nie. 

Colleen Raines
Colleen het 50kg afgeskud. Foto: Magazine Features

“Ek het myself as mens verloor nadat ek ’n ma geword het. Dit het gevoel asof ek net bestaan en net elke dag deur die bewegings gaan.”

Colleen vertel eenvoudige takies soos om haar bene te skeer het vir haar moeilik geword omdat sy so groot was. 

“Toe ek in 2020 foto’s van myself by ’n kinderpartytjie sien, kon ek nie glo hoe groot ek geraak het nie. Ek het nie besef hoe baie gewig ek aangesit het nie. Dit was die swaarste wat ek nog was. Die foto’s het my oë oopgemaak,” sê sy. 

Colleen Raines
Colleen verklap sy het voor haar transformasie sommer McDonald's vir ontbyt geniet. Foto: Magazine Features

Colleen het toe 121 kg geweeg en het daagliks ongesonde kosse geëet. 

Sy het McDonald’s vir ontbyt geëet, groot toebroodjies vir middagete en Mexikaanse kosse vir aandete – sonder dat sy enigsins geoefen het. 

Maar voor Colleen die foto’s van haarself gesien en besef het hoe groot sy is, was sy nie bekommerd oor haar gewig of wat ander mense gedink het nie. 

Mense het ook nie juis aanmerkings oor haar gewig gemaak nie. 

“Iemand sou elke nou en dan sê: ‘Jy’s pragtig en dit maak nie saak hoe groot jy is nie’ of: ‘Ek sien jy het bietjie gewig aangesit.’ Ek sou daarvan vergeet en net aanhou eet soos altyd.”

Colleen is now a dress size 8, down from a size 20
Colleen weeg nou bietjie meer as 70kg. Foto: Magazine Features

Toe Colleen besluit om gewig te verloor, het sy besluit om ferm met haarself te wees. 

Sy het begin monitor wat en hoeveel sy eet terwyl sy ook begin oefen het. 

Ná 21 maande het sy 71 kg geweeg nadat sy 50 kg verloor het. 

En hoewel Colleen haar kalorieë begin tel het en begin monitor het hoeveel sy eet, geniet sy steeds haar kos.

“Ek het nie ’n beperking gesit op die kosse wat ek eet nie. Ek probeer net ’n gesonde balans tussen lekker en gesonde kosse vind.”

Colleen says that everyday activities like showeri
Colleen verklap dit is nou makliker om te skeer of eenvoudige takies te verrig. Foto: Magazine Features

Sy probeer om kos nié as goed of sleg te klassifiseer nie. 

“Alles is oukei solank matigheid voor oë gehou word.” 

Colleen sê sy is ook nie baie gefokus op haar oefeninge nie; sy probeer wel om 8 000 tree ’n dag te gee. 

“Ek is aktief saam met my kinders en stap graag.”

Colleen sê sy mik om tussen 1 200 en 1 400 kalorieë per dag in te neem. 

Die gewigsverlies het Colleen se lewe verander, maar dit het nie alles soos 'n wonderwerk vir haar verander nie, sê sy. 

Colleen says she feels happier and more confident
Colleen is nou gelukkiger. Foto: Magazine Features

Eenvoudige takies soos om haar skoene aan te trek, die huis skoon te maak, te skeer of net te stort, het nou makliker geraak.

“Ek hoef nie meer bekommerd te wees of ek te groot vir die sitplekke by restaurante gaan wees nie. Ek kan rondhardloop en saam met my kinders speel.”

Colleen sê sy is ook baie gelukkiger noudat sy gewig afgeskud het. 

“Ek het baie meer vertroue in myself.”

Dít sluit in hoe Colleen lyk en wat sy aantrek. 

Mense sê ook vir haar hoe trots hulle op haar is, en natuurlik wil hulle weet hoe sy dit reggekry het. 

“Die aanmerkings waarvan ek die meeste hou, is dié wat sê hoe gelukkig ek nou lyk.”

Teken hier vir ons nuusbriewe in:

Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in!

Jongste uitgawe

20 Januarie 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees