Ma sterf in fratsongeluk toe sy klere uit wasmasjien haal

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
’n Nege maande oue baba moet nou sonder sy ma grootword nadat sy in ’n fratsongeluk gesterf het toe sy klere uit die wasmasjien gehaal het.

’n Twintigjarige ma van een is dood toe sy haar hand in ’n wasmasjien gedruk en ’n elektriese skok gekry het. 

Viviane Rodrigues
Viviane Rodrigues het doodgeskok toe sy klere uit die wasmasjien haal. Foto: Magazine Features

Viviane Rodrigues (20) het op 14 Junie by haar huis in Argemiro, Brasilië, wasgoed gewas toe sy haar hand in die masjien gedruk en geskok het.

Die masjien was nog aan toe sy kledingstukke wou uithaal.

Viviane Rodrigues
Viviane se baba moet nou sonder haar grootword. Foto: Magazine Features

Haar man het haar na die noodeenheid van die plaaslike hospitaal gehaas, maar sy is met haar aankoms dood verklaar.

Ná ’n lykskouing is haar lyk na die landelike gemeenskap Gameleira do Di gebring, waar haar familie woon. Sy is op 16 Junie daar begrawe.

Sy laat haar man en hul baba agter.

Newsflash
Die wasmasjien was nog aan toe Viviane haar hand ingedruk het. Foto: Magazine Features
  • Moenie enige groot nuus misloop nie! Vir boeiende nuus oor bekendes en aangrypende mensestories, teken in by ‘Huisgenoot’ se daaglikse nuusbrief, “Huisgenoot Vandag”.  
Teken hier vir ons nuusbriewe in:

Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in 

Jongste uitgawe

18 Augustus 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees
Huisgenoot Eisteddfod

Wys jou talent en kry meestersklasse by bekendes!

Huisgenoot Eisteddfod
Is jou kind talentvol en lief vir die kunste? Skryf nou in vir Huisgenoot se splinternuwe aanlyn nasionale kunsfees.
Skryf nou in