Lucinda Roberts (34) se trane loop terwyl sy haar hart aan Huisgenoot uitstort oor hoe haar seun, Wakeel Dreyer, ’n matrikulant aan die Beacon Hill Sekondêre Skool in Mitchells Plain, Donderdagmiddag ure voor die bekendmaking van sy matriekuitslae voor ’n huiswinkel doodgeskiet is.
Hulle het intussen gehoor Wakeel het matriek met universiteitstoelating geslaag.
Die 18-jarige wat in Mitchell’s Plain, Kaapstad, gebore en getoë is, het van kleintyd af daarvan gedroom om ’n polisieman te word.