Madeleine was drie jaar oud toe sy in 2007 tydens 'n gesinsvakansie in Portugal vermis geraak het. Twaalf jaar later ondersoek die Portugese en Britse polisie steeds die saak.
Hoewel jare verloop het sedert hul dogter se verdwyning, sê die McCann-egpaar, Kate en Gerry, hulle sal nooit ophou soek na hul kind nie.
Dié onopgeloste saak boei mense wêreldwyd en het onlangs weer die opskrifte gehaal met die uitreiking van die Netflix- dokumentêre reeks, The Disappearance of Madeleine McCann.