
Die polisie wat op soek is na die dogtertjie wat in 2007 uit haar ouers se hotelkamer tydens ’n vakansie in Portugal vermis geraak het, is glo baie na aan ’n einde van hul meer as ’n dekade lange ondersoek.
Die Britse en Portugese polisie het glo hul teiken op ’n “buitelandse man” wat in die omgewing was toe die driejarige in 2007 vermis geraak het.
Voorheen is daar deur die plaaslike media berig dat die polisie ’n nuwe leidraad en verdagte ondersoek.
Die buitelandse man is glo ’n pedofiel en was in 2007 in Portugal.
Die polisie het glo ’n geheime wenk gekry oor dié verdagte en die man begin ondersoek, word berig.
“Net die polisie weet wie die verdagte is,” het ’n bron aan die Mirror gesê.
Die ondersoek na Madeleine wat uit die Praia da Luz-hotel verdwyn het terwyl haar ouers, Kate en Gerry, saam met vriende daar naby geëet het, het tot dusver meer as R216 miljoen gekos. Die polisie het ook onlangs R5,4 miljoen bygekry om met dié ondersoek voort te gaan.