Man koop nuwe motor met duisende muntstukke wat hy gespaar het

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die muntstukke waarmee 'n man in China 'n motor gekoop het.
Die muntstukke waarmee 'n man in China 'n motor gekoop het.

Daar is ’n motorhandelaar in die stad Linyi, in die Shandong-provinsie van China, wat in alle waarskynlikheid hul verkoopsvoorwaardes gaan aanpas of versoek dat die wet verander moet word nadat ’n man ’n motor by hulle aangekoop het.

Die man, wie se naam nie bekend gemaak is nie, het met 170 sakke tot oorlopens gevul met muntstukke (wat elkeen sowat R2,45 werd is), by FAW Trading Company opgedaag om sy nuwe wiele te betaal.

Hy werk glo in die verpakkingsbedryf, en sy versameling is netjies in plastieksakke verseël en aan die oorblufte motorhandelaar oorhandig. Volgens die plaaslike media kon die motorhandelaar wettiglik nie weier om die muntstukke as betaling te aanvaar nie.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

19 Mei 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees