Samen Kondorura (40), van Sulawesi in Indonesië, is op Vrydag 15 Junie aan ernstige kopbeserings dood nadat kisdraers hul vastrapplek verloor het terwyl hulle die kis teen ’n bamboesleer opgedra het, berig Daily Mail.
Die swaar doodskis het geval terwyl die groep mans dit teen ’n lakkian opgehys het. Dit is ’n tradisionele houtstelt waarop lyke tydens die begrafnisdiens gehou word, sê die polisie.
“Terwyl die ma se doodskis teen die lakkian opgehys is, het die leer skielik geskuif en ineengestort. Die kis het geval en die man getref,” het Julianto Sirait, hoofkommissaris van die Tana Toraja-oord se polisie, aan AFP vertel.