Man se hond byt die helfte van sy neus af

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
In 2016 het die kunstenaar Manuel Morales ’n babahond aangeneem. Hy het dié tussen ’n pitbull en ’n sleehond Arghh genoem oor sy liefde vir seerowers.
Manuel en Arghh. Foto: MDWFeatures/Manuel Morales/Magazinefeatures.co.za

Oor die volgende vier jaar het Arghh die 33-jarige se beste vriend geword en hom selfs op sy skaatsplank deur die strate getrek.

Nadat Manuel onlangs van sy daaglikse stappie met Arghh in 'n park in Washington terugkeer het, het hy ’n koppie koffie gaan haal. Toe hy van die kombuis na sy slaapkamer stap, het hy Arghh aan die bopunt van die trap sien sit en stert swaai. 

Toe hy aan sy troeteldier se ken krap, het die hond onverwags na sy gesig gehap en sy skerp tande by Manuel se neus laat insink.

Arghh se kake was styf toegeklem en Manuel moes worstel om uit die dier se greep te kom terwyl bloed uit sy gesig gestroom het. 

Manuel Morales.
Manuel Morales. Foto: MDWFeatures/Manuel Morales/Magazinefeatures.co.za

Manuel het sy regterhand gebruik om die wrede aanval te keer en Arghh het sy vingers vasgebyt en in die proses amper deur Manuel se duim gebyt.

Manuel kon eindelik van die hond loskom, wat vinnig op die grond gaan lê en kerm het met die wete dat hy iets verkeerd gedoen het. 

Manuel kort ná die aanval..
Manuel kort ná die aanval. Foto: MDWFeatures/Manuel Morales/Magazinefeatures.co.za

Manuel het kommerwekkend baie bloed verloor en geweet hy moes vinnig by die hospitaal kom. Die noodgeval was so groot dat Manuel se huismaat, wat in 10 jaar nie bestuur het en nie eens ’n rybewys het nie, die besige strate van Seattle getrotseer het om by die hospitaal uit te kom. 

Aangesien ’n groot stuk van Manuel se neus weg en sy hand vermink was, is hy dadelik met sy aankoms na die traumasaal gehaas. Maar die dokters het gou besef hy sou per ambulans na 'n mediese sentrum daar naby oorgeplaas moes word, want hulle is beter toegerus om so ’n ekstreme besering te hanteer. 

Manuel was histeries en het ontsettende pyn ervaar. ’n Binneaarse drup met pynstillers is vir hom ingesit en die chirurge het die bloeiende oop wond toegewerk in ’n prosedure wat nie langer as ’n kwartier geduur het nie.

Al het Manuel se huismaat die afgebyte stuk neus in ’n plas bloed op die mat gekry, was die bytwonde te ongelyk om dit suksesvol te heg. 

Nadat hy sy beste vriend en die grootste deel van
Nadat hy sy beste vriend en die grootste deel van sy neus verloor het, het Manuel in ’n diepe depressie verval. Foto: MDWFeatures/Manuel Morales/Magazinefeatures.co.za

Tydens sy weeklange verblyf in die hospitaal het sekuriteitspersoneel Manuel besoek. Hulle het vir hom gesê hy sou van Arghh moes afstand doen of hom self laat aan die slaap maak. Manuel het besluit om dit self te laat doen, en nadat hy Arghh vir ’n laaste motorrit na die kus geneem het, het hy hom na die veearts gevat om hom van kant te laat maak.  

Nadat hy sy beste vriend en die grootste deel van sy neus verloor het, het Manuel in ’n diepe depressie verval. Hy het besope na die kus van Washington bestuur met die bedoeling om met sy motor oor ’n krans tot in die see te ry.

Gelukkig het Manuel se motor in modder vasgeval. Dit het hom tyd gegee om te besef selfmoord sou niks oplos of die mense help wat vir hom omgee nie.  

Arghh was Manuel se beste vriend.
Arghh was Manuel se beste vriend. Foto: MDWFeatures/Manuel Morales/Magazinefeatures.co.za

Gelukkig het Manuel se nabye vriende hulle in sy tyd van nood om hom geskaar en hom emosionele gesteun. Maar Manuel mis Arghh verskriklik en droom selfs sy hond slaap aan die punt van sy bed. 

In ’n wanhopige soeke om ’n moontlike rede vir Arghh se aanval te vind, het Manuel ’n veeartsvriend van hom geraadpleeg. Toetse het getoon Arghh het aan kanker gely wat volgens die veearts tot Arghh se optrede kon gelei het.  

Al verander dit nie wat gebeur het of Arghh se lot nie, bied dit vir Manuel ’n mate van vertroosting.   

Teken in op ons nuusbriewe

Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in!


Jongste uitgawe

20 Januarie 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees