David Rush (36), wat dit kon regkry om 152 mense in een minuut 'n vuisstamp (fist bump) te gee, het aan upi.com vertel dat dié rekord meer ’n logistieke as fisieke uitdaging was aangesien hy almal in rye moes rangskik op so ’n manier dat hy steeds deur die paadjies kon hardloop wat hulle vorm.
Dié avonturier het die vuisstampe uitgedeel tydens ’n konferensie wat die ingenieursmaatskappy waarvoor hy werk, Cradlepoint, gehou het.
“Ons het basies die hele konferensie betrokke gekry. Ek het 157 mense in ’n ry laat staan en ek het dit in 58 sekondes deur ál 157 mense gemaak,” vertel David.