Die broer wat Marietjie Vosloo deurgaans deur haar 18 maande van hel in ’n tronk in Mauritius bygestaan het, is dood.
Jan Jacobs (45) het verlede Sondag 4 Augustus in die Verre Oos Rand-hospitaal in Springs gesterf nadat hy in die oggendure skielik baie siek geword het en per ambulans hospitaal toe is.
“Ek hoop net dit was nou die laaste. Ek weet nie . . . Hoeveel skokke kan een mens vat?” het Marietjie (36) Woensdag vanuit Rustenburg, Noordwes, telefonies aan Huisgenoot gesê.