“Ons wou nie die tipiese ‘lovey dovey’ fotos in ’n tuin of parkie hê nie. Ek wou kleurvolle, speelse foto’s hê,” vertel Miné Louw aan Huisgenoot.
Wat dié “iets anders” sou wees, het dié kreatiewe Pretoriase meisie ontwyk tot sy en haar ma een middag gaan inkopies doen het.
Nie die golwende grasperke van ’n luukse gastehuis of die dak van ’n gesogte hotel of die binnekant van haar ouerhuis vir haar nie . . .