Marietjie word daarvan aangekla dat sy haar stiefdogter, Mundolene, tydens ’n vakansie by die Hotel Riu in Mauritius doodgeslaan het.
Mike Vosloo, haar vervreemde man en Mundolene (17) se pa, het aan Huisgenoot bevestig sy sal nou eers op 28 Maart hoor of sy skuldig of onskuldig bevind word, nadat komplikasies Woensdag voorgeval het.
Sy word van aanranding sonder die doel om te moor aangekla. Dit is in die Suid-Afrikaanse regstelsel soortgelyk aan ’n klag van strafbare manslag.