Wanneer jy ingee, verloor jy hoop en moed – en dan kom alles waaroor jy gedroom het ook tot ’n einde.
Juis daarom is dit geen opsie vir die 16-jarige Cassidy Jacobs nie, vertel haar peetma, Mariette. “Cassidy is van nature ’n baie rustige mens wat met positiwiteit gevul is. En dis hoe sy dit ook deur elke dag maak: om positief te bly en elke dag te bid vir genesing.
Die ganse 2022 was Cassidy in en uit die hospitaal en voortdurend in pyn. Dokters was aanvanklik dronkgeslaan. En toe, in Januarie vanjaar, moes sy ná die soveelste toets uitvind sy het mondkanker.