Meisie steel byna R250 000 by haar ouma en deel haar buit onder klasmaats uit

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Vir haar klasmaats was dit beslis die beste dag ooit by die skool.
Foto: Pixabay
Ter Illustrasie. Foto: Pixabay

Wie wil nou nie pasella kontant hê nie?

Maar hul meevaller het gou ’n lelike nadraai gehad toe die polisie by die skool opdaag. 

Dit nadat ’n 14-jarige meisie by ’n skool in Florida meer as $13 500 (R249 000) wat sy by haar ouma gegaps het, onder mense uitgedeel het. 

Daar word berig dat sy honderde dollars aan haar klasmaats uitgedeel het. Sy het selfs by die bushalte geld aan kinders uitgedeel.

Skoolamptenare het snuf in die neus gekry, haar rugsak deursoek en meer as $2 500 (R46 000) daarin gevind. 

Die polisie is ingeroep, en daar is gevind die meisie het die geld uit haar ouma se kluis gesteel. Sy het dit met ’n skroewedraaier en pik oopgebreek.

Dit is ál haar ouma se spaargeld wat sy gekry het nadat sy ’n huis verkoop het. 

Die polisie het tot dusver $700 (R13 000) by die klasmaats teruggekry, en dít, sowel as die geld wat in die meisie se rugsak gevind is, is aan die ouma terugbesorg. 

Die meisie staan nou tereg op ’n aanklag van diefstal.

Bronne: NBCNEWS, CBSNEWS

Teken in op ons nuusbriewe
Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in

Jongste uitgawe

2 Februarie 2023

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees