book-icon Uitgawe 1 Desember 2022

Michael J Fox (61) bly dankbaar al raak sy parkinson­siekte ál erger

akkreditasie
Foto: Gallo Imgaes/Getty Images
Foto: Gallo Imgaes/Getty Images

Die afgelope 31 jaar leef hy al in die greep van par­kinsonsiekte. In dié tyd het hy voor die drankduiwel geswig maar ook oorwin, so dikwels en so hard gewerk as wat hy kon en vir sy gesin gesorg. 

Maklik was dit nie, maar Michael J. Fox het besluit die ongeneeslike siekte sou nie bepaal wie hy is nie. Die akteur het dwarsdeur sy loopbaan botweg geweier om ’n slagoffer te wees en sodoende een van die groot inspirasies in Hollywood geword. En al het sy liggaam verswak, is Michael se gees op 61 steeds onblusbaar.

By vanjaar se Comic Con in New York, waar hulde gebring is aan sy karakter Marty McFly in die ikoniese fliek Back to the Future (1985), het hy opnuut harte gewen. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

2 Februarie 2023

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees