‘Mighty Mack’: Vreugde oor Gauteng-baba se vordering teen bloedkanker

akkreditasie
Facebook/Mighty Mack
Facebook/Mighty Mack

Die Gautengse egpaar Megan en Bronson Friedman het in Mei uitgevind hul kleinding ly aan akute miëloïede leukemie (AML).

Die eens blakend gesonde dogtertjie, wat toe vier maande oud was, was skielik ’n baie siek kankerpasiënt wat dringend intensiewe behandeling en beenmurgoorplantings moes ontvang. 

Maar Megan het onlangs die beste verjaardaggeskenk gekry waarop ’n ma kan hoop: “Die resultate van Mackenzie se jongste beenmurgtoetse wys daar’s geen naspeurbare kanker in haar beenmurg nie. Dit beteken haar tweede ronde chemo kon die oorblywende siekte in haar gestel uitwis.” 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

26 Mei 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees