Miljoene help niks: ‘Die tronk steel 37 jáár by my’

akkreditasie
Danksy ’n speurder se ondersoek is Craig Coley ná 37 jaar onskuldig bevind en vrygelaat. Foto: AP Images
Danksy ’n speurder se ondersoek is Craig Coley ná 37 jaar onskuldig bevind en vrygelaat. Foto: AP Images

Dis genoeg geld om te waarborg hy kan vir die res van sy lewe reis en al sy drome waar maak, maar daar is een ding wat Craig Coley nié sal kan doen met die R289 miljoen vergoeding wat ’n hof onlangs aan hom toe­gestaan het nie: die 37 jaar van sy lewe terugkry wat van hom gesteel is. 

Craig (72) kon nooit trou of ’n pa en ’n oupa word nie, en hy moes met die seer saamleef dat sy ouers met ’n diepe skaamte oor hom na hul graf is – en dit alles omdat hy amper vier dekades ge­lede lewenslank tronk toe gestuur is vir ’n misdaad wat hy nie gepleeg het nie. 

In 1980 het ’n jurie in Amerika hom aan die grusame dubbele moord op sy eksmeisie, Rhonda Wicht (24), en haar vierjarige seun, Donald, skuldig bevind.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

26 Mei 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees