MOOISTE FOTO'S: Bruid besluit op oulike vark as strooimeisie

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Al gehoor van die strooimeisie wat haar soos 'n varkie gedra het? Wel, ons het die video om dit te bewys – en sy's vrek oulik!
Babe het op die paartjie se groot dag langs die br
Babe het op die paartjie se groot dag langs die bruid en bruidegom gepryk. Foto: Marly.Photographs/Caters News/Magazinefeatures.co.za

Sy't 'n boepmagie, 'n snoet van 'n neus en 'n krulstertjie. Tog was daar meer ge-oe en ge-aa oor Babe die strooimeisie as oor die stralende bruid . . . En dis g'n spekskietstorie nie. 

Hannah (25) en Glenn Devine (28) het besluit om hul skattige troetelvark deel van hul bruidsgevolg te maak toe hulle op 29 Junie in Holland getrou het. 

Die paartjie sou nie hul troudag sonder Babe kon v
Die paartjie sou nie hul troudag sonder Babe kon voorstel nie. Foto: Marly.Photographs/Caters News/Magazinefeatures.co.za

Hannah, 'n loodgieter wat oorspronklik van Brittanje kom, en Glenn, 'n timmerman van Nederland, het mekaar drie jaar gelede in die Karibiese Eilande ontmoet. Hul boepensvarkie Babe, net 20 maande oud, is vir hulle soos 'n kind in die huis.

Om die knoop deur te hak sonder Babe? Nooit gesien nie! Dus het Babe trots langs haar ma en pa voor die kansel gestaan. 

Babe by Hannah en Glenn. Foto: Marly.Photographs/Caters News/Magazinefeatures.co.za

“Ons het geweet sou sy sou die middelpunt van al die aandag wees,” erken Hannah vandag. Want dit was presies wat die bruidspaar beoog het.  

Hannah verduidelik weens die coronavirus-beperkings kon familie en vriende in Brittanje nie na Nederland reis om hul troue by te woon nie en dis toe waar Babe inkom. 

Foto: Marly.Photographs/Caters News/Magazinefeatures.co.za

“Ons kon natuurlik ons bruilof vier saam met familie en vriende wat in Nederland woon. Babe se rol vir die dag was om almal te verteenwoordig wat nie daar kon wees nie," verduidelik Hannah.

En die bruidspaar is sommer baie trots op Babe, want sy het haar allermins soos die spreekwoordelike vark gedra. Inteendeel: sy was stroopsoet en waardig.

Die paartjie het vir Babe gekoop nadat hulle ’n tr
Die paartjie het Babe gekoop nadat hulle ’n troeteldier gesoek het wat inpas by hul besige rooster. Foto: Marly.Photographs/Caters News/Magazinefeatures.co.za

"Sy het haar uitstekend van haar taak gekwyt. Sy was kalm tydens die fotosessies en het mooi na ons geluister," vertel Hannah trots. 

“Ons het verwag iets sou skeefloop en het vir haar framboos-happies voorberei vir ingeval, maar gelukkig het sy nie op die groot dag gemaak of sy rasend honger is en soos ’n vark geëet nie – verskoon die woordspeling!"

Hulle het geweet sy sou die middelpunt van die aandag wees op die dag. Foto: Marly.Photographs/Caters News/Magazinefeatures.co.za

Die egpaar glo hul unieke strooimeisie het lekker saam makietie gehou. “Sy het allerhande bederfies by ons en ander gaste gekry, en het ook vroeër as gewoonlik gaan inkruip.”

Babe het oorspronklik deel van hul huishouding geword omdat hulle ’n troeteldier gesoek het wat by hul besige lewens inpas. 

“Ek en Glenn het gepraat daaroor om ’n hond te kry, maar met ons albei se besige werkprogram het ons besluit dis nie moontlik nie. Met ons eerste besoek aan die plaas het ons ’n deposito vir ’n varkie betaal wat ses weke later sou opdaag," verduidelik Hannah.

"Maar toe kry ons vroeër as wat ons verwag het ’n oproep . . . ’n varkie uit ’n vorige werpsel het ’n tuiste benodig."

Die bruid en haar strooimeisie. Foto: Marly.Photographs/Caters News/Magazinefeatures.co.za

Die paartjie het nie gewyfel nie. “Ons het dadelik ingestem om haar huis toe te neem, en toe was sy deel van ons klein gesin. Sy is nou soos ’n bedorwe enkelkind," lag Hannah. 

“Sy is dierbaar, dramaties en verknog aan haar mamma. Iemand het eenkeer 'n miniatuurvarkie beskryf as ’n driejarige kind met die persoonlikheid van ’n kat en voorhamers vir pote . . . Ek dink dis baie akkuraat.

Hulle het geweet sy sou die middelpunt van die aan
Hulle het geweet sy sou die middelpunt van die aandag wees op die dag. Foto: Marly.Photographs/Caters News/Magazinefeatures.co.za

“Sy hou ons op ons tone en die glimlagte op ons gesigte. Ons sou nie ons troudag sonder haar kon voorstel nie.”

Of Babe ook volgens tradisie die bruidsruiker gevang het, wil Hannah egter nie verklap nie . . .

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe

Jongste uitgawe

27 Januarie 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees