MS-pasiënt help nou Bloem-fisioterapeut ná fratsongeluk haar in rolstoel laat

akkreditasie
Die oudkollegas Anneke Olivier (links) en Liané Heymans help mekaar om die beurt hul fisieke uitdagings oorkom. Foto: Onkgopotse Koloti
Die oudkollegas Anneke Olivier (links) en Liané Heymans help mekaar om die beurt hul fisieke uitdagings oorkom. Foto: Onkgopotse Koloti

Met ’n groot bos blomme in haar hand daag Anneke Olivier by die ouerhuis van ’n voormalige kollega in Bloemfontein op. Maar dis g’n gewone sosiale besoek nie – sy is vandag op ’n besondere sending om die jong vrou te help wat háár destyds gehelp het.

Die twee vroue se spesiale verhaal begin toe hulle in 2018 saam by die staatskliniek op Bethulie in die Suid-Vrystaat gewerk het. Anneke (nou 51) was toe die klinieksuster en Liané Heymans (nou 25) ’n fisioterapeut wat haar gemeenskapsjaar op die buurdorp Smithfield gedoen en op Donderdae by die kliniek op Bethulie gewerk het.

Toe Liané aan die einde van daardie jaar in Bloemfontein ’n permanente pos gekry het, het hulle nie gedink hulle sou mekaar weer sien nie, maar die lewe sou hulle op onvoorsienbare maniere weer bymekaar bring.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

18 Augustus 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees
Huisgenoot Eisteddfod

Wys jou talent en kry meestersklasse by bekendes!

Huisgenoot Eisteddfod
Is jou kind talentvol en lief vir die kunste? Skryf nou in vir Huisgenoot se splinternuwe aanlyn nasionale kunsfees.
Skryf nou in